Erika Tolmay – SA Country Meisie

Erika Tolmay – SA Country Meisie

1730
0
SHARE

 

Erika-SA Country Meisie

Erika het begin sing op ‘n jong ouderdom & sy leef haarself uit deur middel van haar musiek. Woonagtig in Krugersdorp en het groot geword in Vanderbijlpark. Om te sing en op te tree, is haar droom. Sy is getroud met Johan Tolmay en ‘n Ma van vier kinders. Sing voltyds en pas in haar skedule nog tyd in vir haar familie. Sy is ook ‘n Sang-afrigter en help opkomende en nuwe sangers in die bedryf.

Sy sing ‘n breë spectrum van musiek & het haar duet Gospel CD “On my Knees” in 2008 bekend gestel, “Country my way” is in 2010 bekend gestel saam met die gewilde CD “Black Coffee”. Sy is die eerste sangeres in Suid Afrika wat die lied begin sing en opgeneem het.

 

Erika is altyd vriendelik en hoflik teenoor almal, sy meng en gesels ook graag met haar aanhangers, en haar gehoor. Hierdie Meisie is besig om haar merk te los, oral waar sy optree & het al by verskeie groot Feeste opgetree!!!

Sy is ook die aanbieder van die Groot suksesvolle Talent kompetisie “KLANKE OP DIE PLANKE” / “MUSICSAGE ON STAGE” wat alle opkomende kunstenaars help om die lig te sien. Dit sal ook n jaarlikse kompetisie wees vir nuwe kunstenaars.

Die kompetisie sal weer hervat word nadat hulle in ‘n masiewe groot motor ongeluk was einde 2012, en nou eers weer herstel om op te tree. Sy doen ook tans Gospel optredes, saam met haar getuienis na die ongeluk, en is tans besig met n tweede Gospel CD, ‘n Country CD en ‘n Afrikaanse Album wat binnekort op die mark sal wees.

Sy is ‘n energieke, talentvolle Sangeres, ‘n absolute MOET vir elke fees of projek wat U beplan. Sy bied bekostigbare tariewe aan en tree ook op by fonds insamelings projekte op.