Houlson Tweeling

Houlson Tweeling

1147
0
SHARE

Nicole en Nadine Houlson is nie net asemrowend mooi nie, hulle is pret op sy beste!! Die tweeling wat brand om hulle merk in die musiekbedryf te maak, is beslis dubbele aksie en dubbele sensasie wat Pretorianers se koppe gaan laat draai! Ja…hulle het onlangs Montana toe verhuis.

Hierdie borrelende, energieke tweeling weet presies waarheen hulle oppad is. Hulle liefde vir mekaar laat mens verwonderd staan. Hier voor my is twee asemrowende susters wat nie genoeg uitgepraat kan raak oor hul liefde vir hul medemens asook hul doelwitte wat hulle nog saam wil bereik nie.

AGTERGROND

Die 25 jarige Nicole (eerste gebore) en vyf minute later Nadine is in Springs gebore op 15 Maart (op Ma Santa se Verjaarsdag) waarna hulle later verhuis na Krugersdorp en ook daar gematrikuleer het. Sport was hul lewe, netbal ‘n groot voorliefde van hulle. Altwee het reeds van so vroeg as Gr 1 in n A-span meegedring. Netbalbeurse vir n tydperk van 5 jaar is aan hulle toegestaan met hul inname van hul Hoërskool loopbaan by Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp. Hul eksamen toetse was so eenders dat mens sou dink dis een persoon wat altwee geskryf het. Hulle is op vroeë ouderdomme telkemale genader deur modelagentskappe om aan te sluit as modelle. Hulle ouers het egter gevoel hulle gaan hulle nie in n rigting indruk nie en laat die besluite altyd aan hulle self oor. Na matriek het hulle n agentskap vir moontlike modelwerk in die toekoms gaan sien, maar hulle het vinnig besluit dit is nie wat hulle voltyds wil doen nie. Hulle altwee se koppe het gewink na die musiekbedryf, na hulle eie cd, om by feeste op te tree, om hulle passie vir musiek met die wêreld te deel. In hul vrye tyd werk hulle daaraan om hul eie klerereeks op die been te bring en uit te brei. Hulle praat ook van n moontlikheid om hule eie grimeer-reeks eendag te besit. Wat hul klere so besonders maak is die manier waarop hulle hulle kledingstukke kombineer. Dit is belangrik om jou eie identiteit te vorm met jou eie styl. Hulle dra kledingstukke wat altyd hulle lywe komplimenteer, het ‘n voorliefde vir jeans en hou daarvan om hul eie jeans modern en anders te maak.

HUL GROOTSTE LIEFDE

“Klere, Skoene & Juwele!!!”

Hulle altwee hou van presies dieselfde goed! Hulle is so eenders, selfs as hulle na verskillende Malls toe gaan kom hulle terug met presies dieselfde items. Hulle staan soggens op en sal presies dieselfde klere uithaal en aantrek, hul breine werk identies. Hulle dink en doen dieselfde!

WIE IS NICOLE EN NADINE

Hulle word dikwels aangesien as Modelle maar hulle wil niks daarvan weet nie, hulle is sangers, wil net sing en hou van verhoogaksie. Mense sal hul op straat voorkeur en is nie skaam om hulle te komplimenteer nie. Hulle kry baie navrae oor hul hare en naels en grimering en selfs wenke word aangevra vir n gesonde dieet en oefen program. Hulle se hulle het nog nooit die binnekant van n gym gesien nie. Hulle deel hulle geheime met enige persoon en is die nederigheid vanself. Hulle het al by verskeie funksies opgetree en kan nie wag om weer volstoom op te tree nie. Hulle tree ook gereeld as beoordeelaars op vir skoonheidskompetisies en word dikwels as gaste van funksies uitgenooi.

WANNEER WORD JUL NUWE CD UITGEREIK?

Hul nuwe Cd is geskedulleer vir 2015 & die naam is “Flippen Lekker”! Hulle sing tans onder Jewel Entertainment (Rudi Claase) en kan nie meer wag vir hul nuwe cd wat binnekort uitgereik gaan word nie.