Ryan Walt Panflute / Panfluit Speler

Ryan Walt Panflute / Panfluit Speler

2074
0
SHARE

Ryan Walt beroemde Panfluit Speler is ‘n nederige saggeaarde man met die mooiste glimlag.

Gebore Pretorianer en matrikuleer te Hoërskool Birchleigh, Kempton Park in 1992. Gedurende sy Hoërskool loopbaan sing hy ook 4 jaar vir die Oosrandse Jeugkoor. Op 4 April koop sy Ma, Ezelle Van Der Walt, self ‘n Pianis vir hom sy eerste Panfluit teen haar sin maar Ryan bewys haar verkeerd en binne vier maande doen hy sy eerste optrede saam met sy Pianis-Moeder in sy Matriekjaar en het die gehoor aan sy voete met groot toejuiging. Dis wat hy as ‘n loopbaan wou doen in sy lewe.

Hy was in 1994 die jongste Panfluitspeler in Suid-Afrika en word sy 1ste Album uitgereik “Circle of Life” en is so ‘n groot sukses onder Select Musiekmaatskappy wat hom op die A-lys plaas van SA Instrumente. Hier begin sy vriendskap met Deon Van Der Merwe en hulle besluit om iets saam te kombineer, ‘n vriendskap wat tans al 22 jaar bestaan.

Ryan het ‘n groot liefde vir vinnige motors en wys my sy BMW’s wat hy op ‘n tydstip besit het, toe nog ongetroud.

Op 25 April 2009 trou hy met Tanja en vertel trots van hul pragtige dogtertjie Megan nou 5 jaar oud. Met daai mooi glimlag en ‘n blink in sy oë vertel hy trots hy vat haar skool toe en terug daagliks. Tanja, sy sielsgenoot en beste vriendin, verruil hy vir niks en spog met haar groot liefde vir Perde. Naweke doen sy “Uithou-Ritte” in perdry en spog met ‘n pragtige foto van haar terwyl Ryan naweke sy optredes doen. Sy dogtertjie spandeer dan altyd tyd saam Ouma Ezelle en kan sy nooit wag dat Megan moet kom kuier nie. Dit is haar enigste kleinkind en bederf Megan met oneindigbare liefde en aandag soos net ‘n Ouma kan doen,

Die gospel album uitgereik in 2010 is saamgestel uit twintig Panfluite en Kitaarduette wat hul letterlik ‘n jaar gevat het om op te neem en is dit duidelik dat Ryan baie groot agting het vir sy jare lange vriend. Ryan en Deon Van Der Merwe besluit om in 2014 onder Vonk Musiek ‘n album uit te reik “Romanties”!

Baie van sy liedere fokus op innerlike genesing. Vandat hy kan onthou was dit ‘n roeping en ‘n passie om sy medemens te kon help met hierdie Godgegewe talent en mense innerlike genesing daaruit kon vind. Hy het tans nege Panfluite en wys my met trots sy verskillende groottes. Party is self gebou, ander is Roberto Panfluite en sy nuutste Panfluit word gebou deur Hendrik Brits. Ryan speel van die Bass Fluit tot Sopraan Fluit,

Mense kan vir Ryan Walt bespreek vir Damestees, aand uitvoerings , Sondae Eredienste , Troues en fondsinsamelings etc…

Konsert Bespekings: 0824120535

Of e-pos : ryanwalt007@gmail.com

Vrygestelde Albums: 20 Albums vanaf 1994 – 2015

  • Wenner van Vonk Rapport toekenning vir Beste Instrumentale Album “Ons beste Treffers” saam met Martin Lane – 2010
  • Huisgenoot Tempo Nominasie 2013 – “20 Panfluite”
  • Verskyn op niks minder as 18 verskeidenheids albums van Select Music
  • Verskye Projekte/Kompilasies vir Fantasia Musiek
  • “Pan Pipe Moods” behaal Goue Status met verkope van meer as 25’000
  • “Take my hand” Musiek Video – Beskikbaar op “Dankie Heer” DVD in samewerking met “DKNT Gospel”
  • 2011 – “20 Panfluite” eerste album wat 20 panfluite per lied het
  • 2014 – “Romanties” & “Klassiek” – VONK Musiek (saam Deon van der Merwe)
SHARE
Previous articleAndré Dré Duvenage
Next articleGalvanised pipe lighting
Let's Talk Magazine - Bringing you the latest in news from across the globe from various reliable sources.